Smulpape, staan reg

Feesgangers wat die KIA Makietie ter viering van Kroonstad as Kwêla se Dorp van die jaar vir 2022 saam met die eerste Ignite and Revive-fees gaan bywoon, sal verseker nie honger of dors bly nie.


Feesgangers wat die KIA Makietie ter viering van Kroonstad as Kwêla se Dorp van die jaar vir 2022 saam met die eerste Ignite and Revive-fees gaan bywoon, sal verseker nie honger of dors bly nie.

’n Wye verskeidenheid uitsonderlike smulgoed sal te koop aangebied word tydens die fees wat van Vrydag 21 Oktober tot Sondag 23 Oktober plaasvind.

Feesorganiseerders beloof dat daar eet- en drinkgoed vir elkeen se smaak sal wees.

Yummy Waffles iets vir elke soettand se smaak bied.

Wildvleisliefhebbers kan aan ’n groot verskeidenheid koedoe-geregte smul, wat sosaties, burgers en worsrolle insluit.

Daar sal pap en kaiings, kapokaartappels en skilpadjies, nachos, ribbetjie en skyfies, kaasstrooitjies (“cheese twist”), mieliebrakke (“corn dogs”), mielies in ’n koppie, hoenderstukkies in ’n keël, gebraaide halloumi, Shawarmas en pizzas van The Pizza Wagon te koop wees.

’n Biefstuk-restaurant met sappige biefstuk-etes sal so reg in die kraal van alle vleisliefhebbers val.

Eksklusiewe koffie, yskoue drinkgoed wat ’n bier-en-jenewertent insluit, sal lafenis vir ’n droë keel bied.

You need to be Logged In to leave a comment.