’n Onderwyser aan die Hoërskool Kingsway in Natal sal haar binnekort by die Hoërskool Witteberg in Bethlehem aansluit. Alicia Puren, ’n wiskunde-, lewenswetenskap- en natuurwetenskap-onderwyser sal op Maandag 1 Augustus begin. Sy is ’n netbalspeler en speel tans vir die KwaZulu-Natalse Kingdom Stars-netbalspan wat aan die nasionale Telkom-netbalreeks deelneem en het vir die nasionale o.19- en o.21-netbalspanne uitgedraf. Sy was kaptein van die o.21-span en is ’n? gekwalifiseerde Suid-Afrikaanse skolenetbalafrigter (vlak 2) en skeidsregter. Foto: Verskaf


Sluit haar by skool aan

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article