Die Hoërskool Trio in Kroonstad se drie top-matrikulante vir 2021 is Mia-Marie Campher, met 7 onderskeidings in die eindeksamen, Bokomoso Motemane, wat 4 onder­skeidings behaal het, en Surina Claassen, ook met 4 onderskeidings.

Mia-Marie en Bokomoso was leerlinge aan die voormalige Hoërskool Kroonstad (Blouskool), en dié skool se matriekklas spog met ’n slaagsyfer van 96,85%.

Surina was ’n leerling aan die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad (Rooiskool). Sy is die top­presteerder van dié skool, en die skool spog met ’n 100%-slaagsyfer.

You need to be Logged In to leave a comment.