Slaggereed

’n Atleet van Kroonstad sal in die Afrika-meestersatletiek­kampioenskap meeding.


’n Atleet van Kroonstad sal in die Afrika-meestersatletiek­kampioenskap meeding.

Carmen Da Silva (53), wat die afgelope drie jaar in Kroonstad woon, het in die 400 m- en die 800 m-nommers gekwalifiseer.

Da Silva was op skool reeds ’n topatleet wat juis in dié twee nommers uitgeblink het. Sy het ’n victrix ludorum-eerbewys vir atletiek agter haar naam en spog met provinsiale kleure in dié sportsoort.

Sy is sedert 2012 ’n meestersatleet.

“Ek het my afrigting by Derek Janse van Rensburg van Bloemfontein ontvang, maar deesdae het ek my eie oefenprogram en is ek ’n gekwalifiseerde Atletiek Suid-Afrika- (ASA) afrigter.”

Met die tye wat sy aangeteken het op die Sentraal-Gauteng-byeenkoms in Maart en die Gauteng-Noord-byeenkoms in April, het Da Silva gekwalifiseer om aan die Afrika-byeenkoms deel te neem.

Sy oefen vyf dae per week om haar vir die kampioenskap voor te berei en sê dat sy gemotiveerd en opgewonde is om teen ander atlete van oor Afrika heen kragte te meet.

Die res van haar tyd word hoofsaaklik in beslag geneem deur die N5-kursus in Finansiële bestuur wat sy volg. Sy werk nie in hierdie stadium nie.

Die Afrika-kampioenskap word van 16 tot 18 November by die Pilditch-atletiekstadion in Pretoria aangebied, en deelname kos ’n atleet R10 000.

Enigeen wat Da Silva wil ondersteun, kan haar by 078-563-5858 bel.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.