Sedert die begin van 2022 het die Bethlehem-tak van AfriForum, in samewerking met plaaslike ondernemings, reeds 38 ton teer gebruik om slaggate in die dorp te herstel.
Herman Ferreira en sy span werkers is daaraan toegewy om die herstelwerk so spoedig moontlik te doen.
“Ons gaan die slaggate rondom Dihlabeng Mall aanpak, en ons wil die gemeenskap aanmoedig om betrokke te raak,” sê Marc Timmins, voorsitter van die plaaslike tak van AfriForum.
Chris Morgan, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoogland, het sy geesdrif rondom die slaggat-herstelwerkprojek uitgespreek.
“Die Bethlehem-tak het al ’n groot verskil gemaak, en ons is opgewonde oor die volgende fase van die herstelwerk in die Dihlabeng Mall-omgewing.
“Ons wil graag almal wat betrokke is, hartlik vir hul bydrae bedank.”
Inwoners van Bethlehem wat op die een of ander manier betrokke wil raak, kan Timmins by 083-447-0444 bel.