Skoolmeisie van Bethlehem se verdwyning laat dorp gons

Die gemeenskap van Bethlehem is in rep en roer ná die spoorlose verdwyning van die 17-jarige Chrismari Kriek, ‘n leerling van die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem.


Die gemeenskap van Bethlehem is in rep en roer ná die spoorlose verdwyning van die 17-jarige Chrismari Kriek, ‘n leerling van die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem.

Sy het op Vrydag, 22 November, vermis geraak. Volgens getuies was sy laas omstreeks 21:30 in haar kamer in die huis waar sy saam met haar oorlede ma, Mari Muller, gewoon het. Hester Pelser, wat ‘n gedeelte van die huis huur, het dit bevestig.

Die 17-jarige Chrismari Kriek, van Bethlehem word

Die 17-jarige Chrismari Kriek, van Bethlehem word sedert Vrydagaand, 22 November vermis. Die polisie vra indien enige iemand inligting het oor waar sy haar bevind om hulle dadelik te kontak.Foto: Verskaf

Chrismari se pa, Christo Kriek, het haar Vrydagmiddag tussen 17:00 en 18:00 besoek om reëlings te tref, aangesien sy vanaf die naweek by hom sou bly. Sy het aan hom gesê dat sy haar ma se besittings wou uitsorteer en wegpak. “Ek het haar versoek gerespekteer en gedink Hester is daar om ‘n ogie te hou, aangesien sy geen werksverpligtinge vir die naweek gehad het nie,” het Christo gesê.

Ek het haar versoek gerespekteer en gedink Hester is daar om ‘n ogie te hou, aangesien sy geen werksverpligtinge vir die naweek gehad het nie

Die volgende oggend, omstreeks 06:20, het Christo ‘n boodskap ontvang dat Chrismari nie by die huis is nie. Hulle vermoed sy het tussen 22:00 Vrydagaand en 06:00 Saterdagoggend verdwyn. Tot hul verbasing was die veiligheidskameras in die hoofslaapkamer ontkoppel en die geheue was uitgevee.

Die polisie het op Sondag, 24 November, ‘n persverklaring uitgereik waarin hulle die publiek versoek om op die uitkyk te wees vir Chrismari. Toe sy laas gesien is, het sy ‘n swart T-hemp, denim broek en sandale gedra.

Enigiemand met inligting oor Chrismari kan die polisie kontak op 082-854-7546, of Christo Kriek op 083-267-6024, of die SAPD op 08600-10111.

Die polisie soek na Chrismari Kriek van Bethlehem ná sy Vrydagaand, 22 November laas gesien is. Indien enige iemand inligting oor Chrismari het, skakel die polisie op 082-854-7546, Christo Kriek op 083-267-6024 of SAPD op 08600-10111. Foto: Verskaf
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.