Skooljaar lyk só

Die skoolkwartale vir 2023, soos dit deur die departement van basiese onderwys bekend gemaak is, is soos volg:.


Die skoolkwartale vir 2023, soos dit deur die departement van basiese onderwys bekend gemaak is, is soos volg:

Al nege provinsies se kwartale is dieselfde, en dit begin en eindig nie soos voorheen op verskillende datums nie.

Die eerste kwartaal vir 2023 sal op Woensdag 11 Januarie begin, en die skole sal op Vrydag 24 Maart sluit.

Die tweede kwartaal begin op Woensdag 12 April en sal tot Vrydag 23 Junie duur.

Op Dinsdag 18 Julie sal die derde kwartaal begin, en skole sluit dan op Vrydag 29 September.

Die vierde kwartaal sal van Dinsdag 10 Oktober tot Woensdag 13 Desember strek.

You need to be Logged In to leave a comment.