Skool bars uit nate met sporttalent

Die Bethlehem Voortrekker Hoërskool (BVHS) speel sedert 2019 die beste rugby in die sentrale streek en het vanjaar weer koning gekraai in die Wesgrow-sportreeks vir skole in die sentrale streek. Die skool se spanne is wenners in vyf van die nege Wesg

Foto:

Credit: SYSTEM

Die Bethlehem Voortrekker Hoërskool (BVHS) speel sedert 2019 die beste rugby in die sentrale streek en het vanjaar weer koning gekraai in die Wesgrow-sportreeks vir skole in die sentrale streek. Die skool se spanne is wenners in vyf van die nege Wesgrow-ligas en het vanjaar op nasionale vlak oor die land heen kragte gemeet. Boonop is 32 seuns vir Griffon-rugbyspanne gekies.

Die hokkiemeisies van die skool het die Wesgrow-liga gewen, en die seuns én meisieshokkiespanne is die algehele tweede plek in die reeks. As die Oos-Vrystaat-ligawenners was die eerste meisieshokkiespan derde, o.14A tweede, die eerste seunspan en o.16A seuns derde in die Vrystaatbeker. BVHS se meisieshokkie is 17de op die nasionale rangleer, en 39 spelers het provinsiale spanne op nasionale vlak verteenwoordig. Die skool se groot hokkiester is Ntsopa Mokoena, wat vir die nasionale o.21- en senior vrouehokkiespan gekies is.

Die netbal het ’n skitterende seisoen beleef en het goed presteer in die Wesgrow-liga, asook die Vrystaatskole- en nasionale kampioenskap. In die Wesgrow-liga is Voortrekker in die algehele derde plek, met o.16A en o.17A wat as ligawenners gekroon is. Albei die spanne het vir die Vrystaat- en nasionale kampioenskap gekwalifiseer. Boonop is 15 Trekkers vir die Vrystaat-netbalspan gekies wat op nasionale vlak deelgeneem het.

BVHS spog met merkwaardige tennisspelers. Die meisiestennisspan het met 35 entoesiastiese spelers gegroei en in 2023 het dié span fenomenale sukses behaal en kompetisies oorheers. BVHS is ’n Oos-Vrystaatse toptennisskool wat aan sowat sewe prestige-toernooie regoor die land, op provinsiale en nasionale vlak, deelneem. Daarbenewens het die skool sy eie prestige-toernooi begin. BVHS bied kundige tennisafrigting, moderne geriewe, aktiewe tennisleer, spangees en lewensvaardighede.

BVHS is in 2023 weer as die nommereen-atletiekskool in die Vrystaat aangewys, soos in 2022. ’n Ryke medalje-oes was die gevolg van puik tye en afstande, en het die skool 63 medaljes –waarvan 30 goud, 16 silwer en 17 brons – besorg.

Krieketspeler geniet topgehaltegeriewe met passievolle afrigters en BVHS is bekend as ’n toonaangewende krieketskool. Die eerste krieketspan is die verdedigende kampioen van die Goudveld-krieketliga en sal in Oktober aan Potchefstroom-Gimnasium se elite-krieketfees deelneem. Die o.15A-span staan ook vir niemand terug nie en is reeds goed op dreef met sy seisoen. Die B-spanne neem in die Thabo Mofutsanyana-A-liga deel. BVHS spog ook met ’n meisieskrieketspan wat groot opwinding oplewer, en die skool lewer jaarliks steeks- en provinsiale krieketspelers op.

Voortrekker bied die volgende sportsoorte binne of buite skoolverband aan: atletiek, rugby, hokkie, swem, fietsry, gholf, netbal, krieket, tennis, landloop, perdesport, skiet, karate, gimnastiek en boogskiet.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.