Die Carli Oosthuizen (17), ’n plaasmeisie van Senekal, is een van die tien finaliste in die Huisgenoot Mej. Tiener 2024-kompetisie.
Carli ’n matriekleering aan die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem, was aangenaam verras toe sy as een van die top-10 finaliste aangekondig is. Deelnemers van regoor Suid Afrika kon vir dié kompetisie ingeskryf.
“Ek het vir die Mej. Tiener-kompetisie ingeskryf omdat ek weet iets groters is vir my beskore. Die Here het ’n plan vir ons elkeen se lewe en ek is seker dat dié geleentheid die eerste stap in die regte rigting vir die groter prentjie is,” sê Carli.
Om mooi aan te trek en fiks te bly is iets waaroor dié skoonheid passievol is, maar glo dat mens jou eie unieke styl moet hê en nie noodwendig alles wat in ’n boksie pas, na te volg nie.
Sy is ’n groot voorstander van natuurlike skoonheid, ’n skoonheid wat van binne kom.
Elkeen van die finaliste moes ’n video opname op TikTok maak waarin hulle hulself bekendgestel het, asook wat hulle dink die kwaliteite van ’n Mej. Tiener moet wees.
Daarna het Huisgenoot telefonies ’n onderhoud met haar gevoer. Op Donderdag 4 April het sy die nuus ontvang dat sy een van die Top-10 finaliste is. Die algehele wenner sal in Mei aangekondig word.
Persone kan vir hul gunsteling finalis stem deur die kompetisie skakel op Huisgenoot se webtuiste te volg.