Die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks vir 2025, waarin agt deelnemende skole in die Vrystaat en Noord-Kaap kragte meet, is volstoom aan die gang.
Die sportreeks, wat ook as die Wegrow-reeks bekend staan danksy die betrokkenheid van Wesgrow as amptelike naamborg, het die Universiteit van die Vrystaat (UV)en Novus Media as borge, asook VKB en Edutrace as medeborge, vir die 2025 seisoen verwelkom.
Die reeks is vir massa-deelname en gesonde mededinging ontwikkel. Die naweek van 14 en 15 Maart het die Hoërskool Diamantveld vir die Hoërskool Witteberg gasheer gespeel in Kimberley; terwyl die Hoërskool Voortrekker van Bethlehem, die titelhouer van die 2024-reeks, in Bethlehem teen die Hoërskool Sentraal van Bloemfontein kragte gemeet het.
Die Hoërskool Jim Fouché van Bloemfontein (JF) het in
Kroonstad, teen die gasheer, die Hoërskool Trio, te staan gekom.
Die reeks word volgens ‘n enkelronde-formaat beslis. Dit beteken dat elke bepaling, in elke ouderdomsgroep, van uiterste belang is om skole se plekplasing aan die einde van die reeks te bepaal. Die algehele wenner van die reeks word bepaal nadat alle wedstryde in alle kodes afgehandel is.
Die reeks behou sy verbintenis met SuperSport.
Uitslae van 14 en 15 Maart
Voortrekker se eerste rugbyspan het dié van Sentraal met 49 – 5 geklop. Wian Muller van Voortrekker is as speler van die wedstryd aangewys.
In netbal het Sentraal se eerste span Voortrekker met 35 – 29 geklop. In hokkie het Voortrekker se eerstespan met 10 – 0 gewen en Lana Wessels van Voortrekker was speler van die wedstryd. Voortrekker se eerstespanseuns het met 2 – 1 gewen.
Trio het die Wesgrow-reeks op ‘n hoogtepunt begin toe slegs een van sy rugbyspanne teen JF verloor het.
In netbal het JF-eerstespan met 53 – 16 gewen. Trio se eerstespanseuns het hul hokkiewedstryd met 4 – 3 gewen, en Trio se meisiespan het naelskraap met 2 – 3 verloor.
Tussen Diamantveld en Witteberg het die eerste rugbyspan met 51 – 21 gewen en die eerste netbalspan het Witteberg met 38-28 geklop. Die eerstespanseuns het in hokkie gelykop gespeel met twee doele elk en die eerstespanmeisies van Witteberg het Diamandveld met 9 – 1 geklop.
Uitslae van 18, 20 en 21 Maart
Witteberg het teen die Hoërskool Fichardtpark van Bloemfontein kragte gemeet. Witteberg se eerste rugbyspan het met 40 – 3 gewen. Witteberg se Pieter Nel was speler van die wedstryd.
Trio was teen Sentraal bykans onoorwonne. Trio se eerste rugbyspan het Sentraal met 27 – 10 geklop, die eerstespanseuns het hul hokkiestryd 3 – 2 gewen en die meisies was gelykop met een elk.
Voortrekker se eerste rugbyspan het met 10 – 28 teen JF verloor. Die eerstespanmeisies het met 2 – 0 gewen en die seuns het met 1 – 2 verloor. In netbal het Voortrekker met 47 – 31 geseëvier.
Hou VrystaatKroon op Facebook dop vir nog bepalings en uitslae.
