Skole vereer in Wesgrow Sentrale Skole-sportreeks

Tydens ‘n glansryke prysuitdeling-geselligheid in Bethlehem is die algehele wenners van die gesogte Wesgrow Sentrale Skole-sportreeks vir 2023 aangekondig.


Tydens ‘n glansryke prysuitdeling-geselligheid in Bethlehem is die algehele wenners van die gesogte Wesgrow Sentrale Skole-sportreeks vir 2023 aangekondig.

Vanjaar se deelnemende skole was die Hoërskole Fichardtpark, Sentraal, Jim Fouché, al drie in Bloemfontein,  Witteberg en Voortrekker in Bethlehem, Diamantveld in Kimberley, Trio in Kroonstad en Goudveld-Hoërskool in Welkom.

Tydens die prysuitdeling wat op Woensdag 13 September by die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem plaasgevind het, is die volgende skole as algehele afdelingwenners aangewys: Hoërskool Voortrekker Bethlehem (rugby), Hoërskool Jim Fouché (seunshokkie), Hoërskool Voortrekker Bethlehem (meisieshokkie), Hoërskool Jim Fouché (seunshokkie), Hoërskool Voortrekker Bethlehem (meisieshokkie), Hoërskool Jim Fouché (algehele hokkie wenners), Hoërskool Sentraal (netbal) en die Hoërskool Voortrekker is as die algehele wenner vir 2023 van die reeks aangewys.

“Die Wesgrow Sentrale Skole-sportreeks het weer die waarde van massadeelname beklemtoon en dit was verblydend om die deelnemende skole se sportmanne en -vroue in aksie te sien. Dit is ook die eerste keer wat die reeks op ‘n interskole-basis aangepak is nadat daar wegbeweeg is van die groepstelsel,“ sê Gys Coetzee, uitvoerende direkteur van die Wesgrow-reeks.

Die wenners in elke sportkode is vanjaar volgens die skole se plekplasing aan die einde van die seisoen bepaal, die bepalings is oor 11 weke se interskole-byeenkomste wat oor drie provinsies geskied het, beslis.

Daar was 38 ligas waarin 245 spanne teen mekaar meegeding het, en dus meer as 4 000 spelers wat aan dié reeks deelgeneem het.

Wesgrow, die hoofborg van die reeks, is tydens die prysuitdeling vir hulle volgehoue vertroue en ondersteuning aan skolesport in die sentrale streek, bedank.  Daar is ook met opgewondenheid aangekondig dat die Universiteit van die Vrystaat van 2024 as medeborg by die Wesgrow Sentrale Skole- sportreeks betrokke gaan raak. Dit sal verseker dat dié reeks een van die hoogtepunte op die jaarlikse sportkalender sal wees.

Die reeks het in 2018 ontstaan en is vanjaar vir die vierde keer aangebied.

Wesgrow Sentrale Skole-sportreeks

Tydens ‘n glansryke prysuitdelingsgeleentheid in Bethlehem, op Woensdag, 13 September is die algehele wenners van die gesogte Wesgrow Sentrale Skole-sportreeks vir 2023 in Bethlehem by die Hoërskool Voortrekker aangekondig. Hier is die bestuur van die Wesgrow-reeks saam met lede van die hoofborg Wesgrow. Van links is voor, Gerhard Posthumus (Wesgrow), Gys Coetzee (Hoërskool Voortrekker Bethlehem), Henry Wilken ( Hoërskool Jim Fouché) en Dries Pretorius (Hoërskool Voortrekker Bethlehem); agter: Roxy Siebert (Goudveld Hoërskool), Hannes Oosthuizen (Hoërskool Witteberg), Riaan van Rooyen (Wesgrow), Herman van der Merwe (Hoërskool Fichardtpark), Dirk Pretorius (Wesgrow), Charles Liversage (Hoërskool Sentraal) en Nadia Olivier (Goudveld Hoërskool).
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.