Die Hoërskool Voortrekker (BVHS) in Bethlehem het teen die Hoërskool Jim Fouché (JF) van Bloemfontein kragte gemeet op Saterdag 20 Julie in die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks.
Voortrekker het op die rugbyveld oorheers. Dié skool se eerste rugbyspan het vir JF met 53 – 25 op die telbord geklop. Puntemaker-drieë vir Voortrekker is deur Dawie Fourie (3), Cecil Parsons (1), Adriaan Bonthuys (1), Karabelo Chaka (2), Berto Van Niekerk (1) en Kamohelo Moses (1) gedruk.
Edré Wille het die span van vier doelskoppe voorsien.
Op die netbalbaan sluit Voortrekker se eerste netbalspan hul netbalseisoen as Wesgrow-naaswenners af. Hulle moes die knie buig voor ’n gedugte JF-netbalspan.
Na afloop van die eerste kwart was JF reeds 13 – 5 voor, en teen halftyd met ’n puntetelling van 23 – 15 op die telbord. Hoewel die verdediger, Marilé Jonck, uitstekend gevaar het, was die doele van JF te sterk.
Die eindtelling van 29 – 43 was in die guns van JF.
Die hokkiespanne het verskeie hoogtepunte verskaf, met die seuns se eerstespanne wat gelykop gespeel het.
Netbaluitslae
) o.14A: BVHS 23 – JF 7;) o.14B: BVHS 8 – JF 23;) o.14C: BVHS 16 – JF 28;) o.14D: BVHS 20 – JF 9;) o.15A BVHS 18 – JF 25;) o.15B: BVHS 9 – JF 24;) o.15C: BVHS 9 – JF 26;) o.15D BVHS: 5 – JF 24;) o.16A: BVHS 23 – JF 7;) o.16B: BVHS 31 – JF 19;) o.16C: BVHS 14 – JF 18;) o.17A: BVHS 20 – JF 18;) o.19A: BVHS 29 – JF 43;) o.19B: BVHS 21- JF 17;) o.19C: BVHS 18 – JF 18; en) o. 19D: BVHS 22 – JF 8.
- ) o.14A: BVHS 2 – JF 2 😉 o.16A: BVHS 0 – JF 4;) Tweede span: BVHS 0 – JF 2; en) Eerste span: BVHS 2 – JF 2;
- ) o.14A: Meisies BVHS 3 – JF 2; ) o.14B: Meisies BVHS 1 – JF 1; ) o.16B: Meisies BVHS 3 – JF 0; ) o.16A: Meisies BVHS 4 – JF 1;) Tweede span: BVHS 4 – JF 0; en) Eerste span: BVHS 2 – JF 2.
Rugby
) o.14A: BVHS 47 – JF 7;) o.14B: Loslootjie; ) o.15A: BVHS 47 – JF 0;) o.15B: BVHS 20 – JF 14;) o.16A: BVHS 40 – JF 22;) o.16B: Loslootjie;) Derde span: BVHS 69 – JF 14;) Tweede span: BVHS 49 – JF 5; en) Eerste span: BVHS 53 – JF 25.