’n Ghongskietkompetisie vir liefdadigheid is op 12 Februarie deur die Bethlehem-Rotariërs aangebied. Dié geleentheid het by die Bethlehem-hengelklub op die plaas Coenana plaasgevind. Altesaam 29 spanne van vier lede elk het deelgeneem. “Die opbrengs van die dag sal verdeel word om verskeie liefdadigheids­orgnisasies te steun,” sê Eduard Marais, een van die organiseer­ders. Van links is PJ Heyns, Henning Fourie, Kobus Wiggett, Drian Bosch, Johan Stoffberg (baanoffisier) en Dixon Odendaal ten tyde van die kompetisie.Foto: Ian van Straaten