Diegene wat opgewonde is vir die eerste sneeu om te val, veral in die Oos-Vrystaat, sal nog ? rukkie geduldig moet wag. Quinton Jacobs van die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê hoewel daar teen Vrydag (01/07) en Saterdag ’n kouefront oor die Oos-Vrystaat verwag word, word geen sneeu voorspel nie. Daar kan wel ligte sneeu op die Lesotho-berge voorkom. Gemiddelde temperature vir die Oos-Vrystaat sal wissel tussen 15 °C en 17 °C, met minimum temperature van 0 °C tot 2 °C. Ficksburg sal Vrydag die koudste wees, teen -1 °C. Oor die noordelike dele van die Vrystaat sal maksimum temperature wissel van 16 °C tot 18 °C en die minimum van 1 °C en 4 °C. Dié skouspelagtige sonsondergang is Donderdag (23/06) ná ’n reënbui by die Loch Athlone-landgoed by Bethlehem afgeneem.Foto: Paula du Toit

Credit: SYSTEM

Skep ’n winterskouspel

You need to be Logged In to leave a comment.