Skenkings trek koue se tande

Die Bethlehem-Rotariërs bied vanjaar die negende keer hul baadjie-projek aan.


Die Bethlehem-Rotariërs bied vanjaar die negende keer hul baadjie-projek aan.

Dié projek word elke jaar van April tot Julie aangebied.

’n Beroep word op lede van die gemeenskap gedoen om ou baadjies en wintersklere te skenk.

Spesifiek kinderbaadjies word vanjaar versoek.

Skoene en komberse is ook welkom.

Die skenkings sal aan behoeftiges en liefdadigheidsorganisasies oorhandig word.

Diegene wat betrokke wil raak, kan skenkings by die verskaffer Diesel Electric in Kerkstraat, Bethlehem, afgee. Die Rotariërs is ook bereid om skenkings te gaan oplaai.

Belangstellendes kan Herman Wessels by 082-572-0754 of Brian Jardine by 073-171-1227 bel om reëlings te tref.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.