Skenk skildery ter viering van skool se 120ste jaar

Skenk skildery ter viering van skool se 120ste jaar

Hannetjie Labuschagne, wat in 1971 aan die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem gematrikuleer het, het as kunstenaar en oudleerling dié enorme skildery vol simboliek vir die skool se 120ste bestaansjaar geskilder. “Die skoolwapen en -lied vertel die hele storie: Vanuit die ossewa verrys die skool, omring deur die ‘wydste koringvelde waar nog die Trekkerspore staan.’ Die fakkellig word sedert 1902 tot 2022 van geslag tot geslag oorgegee. Die wiel weerspieël die verskillende fasette wat aan leerlinge gebied word: akademie, sport en kultuur. Uit die dieptes van die verlede word die ou geboue met herinneringe vereer,” verduidelik sy die simboliek van die skildery. Hannetjie en al vier haar kinders het hul skoolloopbaan aan Voortrekker voltooi.Foto: Verskaf

Credit: SYSTEM