Die Hoërskool Witteberg in Bethlehem is trots op een van sy oudleerlinge, Tiaan Naudé (hier op dreef met die bal), wat in 2022 in matriek was. Hy het onlangs ’n debuut gemaak toe hy vir die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT), Vrystaat, se Young Guns-span van Bloemfontein in die Varsitybeker-toernooi teen die Universiteit van Pretoria (Tukkies) en die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom (Pukke) uitgedraf het. Naudé het Witteberg in 2021 en 2022 ten tyde van die Griffon-Cravenweek as speler verteenwoordig. Hy het in Januarie sy studie aan die SUT in Bloemfontein begin, waar hy onderwys studeer. Naudé sit terselfdertyd sy rugbyloopbaan voort en hou nou ook die SUT se naam hoog.Foto: Verskaf

Credit: SYSTEM