Twee sibbe van Bethlehem het aan ’n driekamp-ligabyeenkoms by Maselspoort, buite Bloemfontein, deelgeneem.
Cara (15) en Dehan Cilliers (11) het dié uitdaging Saterdag (19/11) kafgedraf.
“Dit was Dehan se eerste driekampbyeenkoms en hy moes een keer 200 m swem, 7 km fietsry en 2 km hardloop, en Cara in haar ouderdomsgroup moes dieselfde afstaande twee keer voltooi,” sê hul ma, Daleen.
Dit was die twee se eerste ligadeelname vir die seisoen.
’n Span wat aan die Vrystaat-kampioenskapsbyeenkoms op 3 Desember sal deelneem word uit deelnemers aan die afgelope naweek se geleentheid gekies.
Die broer en suster wag nog op hul uitslae.
Cara is ’n leerling aan die Hoërskool Witteberg en Dehan ’n leerling aan die Laerskool Jordania.
Die twee word deur hul pa, Ebarnie, afgerig.