Sibbe druk hul stempel af in verre Ierland

’n Skut van Edenville het uitstekend gevaar op die wêreldboogskietkampioenskaps­byeenkoms in Limerick, Ierland, deur die algehele derde plek in die o.18-ouderdomsgroep te behaal.

Franco de Wet op die wêreldboogskiet­kampioenskapsbyeenkoms in Limerick, Ierland, waar hy die algehele derde plek in sy ouderdomsgroep behaal het.Foto’s: verskaf

Credit: SYSTEM

’n Skut van Edenville het uitstekend gevaar op die wêreldboogskietkampioenskaps­byeenkoms in Limerick, Ierland, deur die algehele derde plek in die o.18-ouderdomsgroep te behaal.

Franco de Wet en sy broer Ignus is albei in Mei gekies om die Proteaspan te verteenwoordig in die toernooi wat van 3 tot 9 Julie beslis is.

Franco was eerste in die uitskietronde. Hy het meegeding teen 40 ander skuts van 19 verskillende lande.

Slegs die drie topskuts van elke land word genooi om hul land in die wêreldkampioenskap te verteenwoordig.

Ná die uitskietronde het die 41 skuts met mekaar kragte gemeet om ’n algehele wenner aan te wys.

Benewens Franco se bronsmedalje vir die algehele derde plek was Ignus 33ste uit 60 skuts in die o.21-afdeling.

“Die wêreldkampioenskap was ’n ongelooflike ervaring en ek het baie geleer, asook nuwe vriende gemaak. Ek is baie dankbaar dat ek die geleentheid gebied is,” sê Franco.

Franco en Ignus is albei leerlinge aan die Hoërskool Trio, onderskeidelik in gr. 10 en gr. 12. Hulle het op 27 Mei hul Protea-kleure in boogskiet ontvang op ‘n oorhandigingsgeleentheid wat in Pretoria plaasgevind het.

You need to be Logged In to leave a comment.