Sewes-aksie by Voortrekker

’n Groot eer het die Griffon-hoërskole-rugbyvereniging, asook die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem, te beurt geval met dié dat Voortrekker ’n eerste keer die gasheer van ’n nasionale toernooi sal wees.


’n Groot eer het die Griffon-hoërskole-rugbyvereniging, asook die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem, te beurt geval met dié dat Voortrekker ’n eerste keer die gasheer van ’n nasionale toernooi sal wees.

Die interprovinsiale o.17-sewestoernooi word van Donderdag 26 September tot Saterdag aangebied. Wedstryde word op Vrydag en Saterdag op Voortrekker se Patriae-park gespeel en begin op albei dae om 08:00.

Alle wedstryde kan regstreeks via SuperSport Schools gestroom word. Dit word ook op DStv se SuperSport-kanaal 216 uitgesaai, met ’n tydsvertraging. Herhalings sal uitgesaai word.

In die loop van die twee dae sal provinsiale spanne en ’n span van Namibië teen mekaar kragte meet, in vier groepe soos bepaal deur die vorige jaar se uiteindelike rangorde.

Die spanne sal uitspeel tot in die eindstryd om die wenners, van die bekerwenner tot die plaatwenner, te bepaal.

“Ons is opgewonde en bevoorreg om ’n nasionale toernooi van hoogstaande gehalte in Bethlehem aan te bied,” sê Gys Coetzee, voorsitter van die Griffon-hoërskole-rugbyvereniging en hoof van Voortrekker.

“Ons nooi sportliefhebbers om die geleentheid, waar topspelers van die land gaan kragte meet, te ondersteun.”

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.