Sentrum dankbaar vir volgehoue steun

Die Skemervreugde-sentrum vir bejaardes in Paul Roux het op die jaarvergadering belanghebbendes vir hul ondersteuning deur die jaar bedank.


Die Skemervreugde-sentrum vir bejaardes in Paul Roux het op die jaarvergadering belanghebbendes vir hul ondersteuning deur die jaar bedank.

Skenkers, betrokkenes en vrywilligers wat ondersteuning aan die sentrum bied, het die vergadering op 21 November bygewoon. Die skenkers is bedank vir hul volgehoue geldelike bydraes, dienste gelewer en praktiese hulp op die terrein, asook die voorsiening in die behoeftes van inwoners en die dag-tot-dag bestuur van die sentrum. Die plaaslike gemeenskap is bedank vir die ondersteuning van die sentrum se geldinsamelingsprojekte.

ChangeNetSA, wat ’n stoof aan die sentrum geskenk het, is ook bedank, en Justice Scott van ChangeNetSA het op die vergadering uitgebrei oor hoe dié organisasie niewinsgewende organisasies soos Skemervreugde te hulp kom.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.