Selfdoen beter as niksdoen

Die AfriForum #OnsDorp-projek is goed op dreef in Viljoenskroon en opknappingswerk word daagliks verrig.


Die AfriForum #OnsDorp-projek is goed op dreef in Viljoenskroon en opknappingswerk word daagliks verrig.

Verskeie strate op die dorp se slaggate is herstel, verkeersstrepe is nuut oorgeverf en die nodige padtekens is vervang.

Voortdurend word rommel opgetel, padgeute word skoongemaak en oorbodige boomtakke word afgesaag.

Die tak bedank die gemeenskap vir borge en skenkings. Baie mense het ook verversings vir die besige mense afgegee. Dit word alles baie waardeer. Havemann, Du Plessis, Goldberg, Culverwells, Senator Senekal, Mareestraat, asook die helfte van Viljoenstraat, is reeds sedert begin Junie opgeknap.

“Dit is so lekker dat die nuutgestigde AfriForum-tak in Viljoenskroon soveel vindingrykheid aan die dag lê om ’n verskil in hul dorp te maak. Hiermee wil ek graag ’n beroep op die inwoners doen, veral dié wie se huise in die strate is wat reeds herstel is, om die state so netjies te hou. Selfdoen is beter as niksdoen,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Die tak bedank die gemeenskap, watvir borge, skenkings en verversings verskaf het vir hul onbaatsugtige bydraes.

Mense wat skenkings wil doen, kan Lynne Griesel by 082-611-9776 bel.

You need to be Logged In to leave a comment.