Self help skep hoop

Gemeenskapslede van Viljoenskroon het onlangs ’n AfriForum-buurtwag gestig om veiligheid in die gemeenskap te bevorder.


Gemeenskapslede van Viljoenskroon het onlangs ’n AfriForum-buurtwag gestig om veiligheid in die gemeenskap te bevorder.

Die buurtwag is amptelik op 11 Februarie tot stand gebring met die doel om Viljoenskroon as ’n veilige en voorspoedige tuiste te vestig.

Die bestuur van die buurtwag is op dié geleentheid aangewys:

  • Herman Smit is die buurtwagleier;
  • Arno Roux is die operasionele spanleier;
  • Roux Roux is die leier van die ondersteuningspan; en
  • Corné Marais is die leier van die inligtingspan.

“Dit is noodsaaklik dat gemeenskappe eienaarskap van hul veiligheid neem; daarom is ek baie dankbaar dat die gemeenskap van Viljoenskroon dit gedoen het,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distriks­koördineerder vir die Mooirivier.

“Ek wens hierdie verkose bestuur alles van die beste toe met die uitvoering van hul pligte en om die gemeenskap te mobiliseer, asook om die oë en ore in die gemeenskap te wees om sodoende Viljoenskroon ’n veiliger plek te maak.”

Die lede van die AfriForum-buurtwag ontvang deurlopend opleiding om te verseker dat hulle goed toegerus is om hul onderskeie gemeenskappe binne die raamwerk van die wet te beveilig.

Enigeen wat hierby betrokke wil raak, kan Herman Smit by 072-127-225 bel vir meer inligting hieroor.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.