Sege ’n puik vaarwel

Die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem se eerste krieketspan het in ’n uiters spanningsvolle eindstryd in die skoleliga die Hoërskool Fichardtpark van Bloemfontein met een paaltjie geklop.


Die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem se eerste krieketspan het in ’n uiters spanningsvolle eindstryd in die skoleliga die Hoërskool Fichardtpark van Bloemfontein met een paaltjie geklop.

Die twee spanne het op 15 Februarie kragte gemeet en mekaar tot die uiterste beproef.

Joel Coetzee, Voortrekker se kaptein, het die loot gewen en besluit om eerste te boul.

Die boulers het die nuwe bal uitstekend benut en die Bloemfonteiners vir 121 lopies uitgeboul. Jordan Buitendag (4/25), Joel Coetzee (3/37) en Ruan Heunis (2/15) het indrukwekkende boulvertonings gelewer.

Die Fichardtpark-boulers het moedig terugbaklei en Voortrekker vroeg in die knyp gehad. Paul Naude (38 nie uit nie) en JC Pretorius (9 nie uit nie) het goed kopgehou met ’n vennootskap van 36 lopies om die wenlopies te behaal.

Dit was die matriekleerlinge se laaste skolewedstryd. Joel het tydens dié hoogtepunt die geleentheid gehad om die tradisionele kapteinsbaadjie aan die nuwe kaptein, Vlag Janse van Rensburg, te oorhandig.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.