Sangfees boei gehoor

Die Laerskool Truida Kestell in Bethlehem se jaarlikse sangfees onder leiding van Bernette Erasmus was weer van hoogstaande gehalte en ’n groot sukses.

Die Laerskool Truida Kestell het vanjaar weer ’n puik sangfees onderleiding van Bernette Erasmus aangebied. foto: Verskaf

Credit: SYSTEM

Die Laerskool Truida Kestell in Bethlehem se jaarlikse sangfees onder leiding van Bernette Erasmus was weer van hoogstaande gehalte en ’n groot sukses.

Die fees, wat in September aangebied is met die tema “Alladin”, het aan gehore ’n uitstekende produksie met gepaste humor gebring.

“Dit was ’n reuse-spanpoging met goeie rolvertolking, meusleurende musiek, asemrowende beligting, dekor en kostuums. Die gehoor was vasgevang op ’n sprokiereis uit ’n ander wêreld,” sê Erasmus.

Die storielyn het gehandel oor Aladdin wat met sy dromerige oë die prinses betower en haar voete onder haar uitgeslaan het.

Leerlinge in die verskillende grade het met hul nommers en suiwer stemme die gehoor bekoor.

“Ons wil graag elkeen wat ’n bydrae tot die sangfees se sukses gemaak het, bedank,” sê Erasmus.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.