Inwoners van die Viljoenskroon-sentrum vir bejaardes het in Oktober ’n Idols-musiekoggend saam met Willie van Straaten by die sentum gehou. Inwoners het agter die mikrofoon geskuif en lekker gesing. Van link is Elbé Grobler (inwoner), Japie Jansen (inwoner), sr. Corné Cronjé (bestuurder), Dewet Claassens (hoof- uitvoerende direkteur van Engo Vrystaat), Heilie Louw (inwoner) en sr. Linda Kemp (verpleegkundige).Foto: Verskaf


Inwoners van Engo se Viljoenskroon-sentrum vir bejaardes het ’n Idols-musiekoggend by die sentrum geniet.

Willie van Straaten en inwoners van die sentrum het dié geleentheid in Oktober saam aangebied. Inwoners is aangemoedig om ’n liedjie te oefen, en die program van die musiek-oggend is reeds twee maande voor die tyd beplan.

De Wet Claassens, hoof- uitvoerende direkteur van Engo Vrystaat, het die geleentheid bygewoon.

Ou gunstelinge het opgeklink, en “ ’n Lekker ou Jan” is deur Heilie Louw gesing terwyl die bekoorlike “Liefling” van Gé Kortsen deur Japie Janse uitgevoer is. Boonop het ’n vol saal van die oggend ’n reuse-sukses gemaak.

Die sentrum het dankbaarheid uitgespreek teenoor Van Straaten, sy vrou, Anneska, en Frikkie Smit vir hul harde werk en toewyding aan die geleentheid. Die gemeente van die plaaslike Gereformeerde kerk het die verversings verskaf.

  • Die sentrum het vroeër vanjaar met sy jaarlikse duiweveiling meer as R90 000 ingesamel. ’n Woord van dank gaan uit aan elkeen, en elke borg, wat bygedra het.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article