Hoofartikel: Saamstaan kritiek, al gryp hof in

’n Hofsaak teen die Moqhaka-munisipaliteit met betrekking tot die voortslepende rioolkrisis is verlede week in die landdroshof in Kroonstad hervat.


’n Hofsaak teen die Moqhaka-munisipaliteit met betrekking tot die voortslepende rioolkrisis is verlede week in die landdroshof in Kroonstad hervat.

Lesers sal onthou dat miljoene rande in 2021 deur die destydse adjunkpresident, David Mabusa, bewillig is vir die herstel van die rioolaanleg in Kroonstad, waar die riool op verskeie maniere in die Vaalrivier beland.

Werk is klaarblyklik by die aanleg gedoen, maar tot vandag toe is niemand seker oor presies watter werk gedoen is en wat afgehandel is nie.

Die feit bly staan: Riool vloei steeds vrylik die rivier in.

Dié spesifieke hofsaak – let wel, daar is reeds ’n paar sake teen die munisipaliteit – behels ’n gesloer.

’n Mens besef dat die situasie nie net in Kroonstad heers nie; landswyd stroom riool in riviere in.

Dit is ook nie asof voortslepende water- en elektrisiteitsprobleme, wat ook ’n invloed op byvoorbeeld moontlike herstelwerk het, oornag gaan verdwyn nie.

Dit gaan ons as landburgers dwing om met oplossings vorendag te kom. Ons kan nie van mense wat die probleme veroorsaak het, verwag om dit vir ons op te los nie.

Hofsake sal wel die skuldiges oor die vingers tik, maar sal dit oplossings bring?

You need to be Logged In to leave a comment.