Saamkuier bied bederf

Vroue wat die Ignite and Revive-familiefees besoek, kan weer uitsien na ’n indruk­wekkende dekormark met ’n verskeidenheid produkte van hoogstaande gehalte, soos modebykomstighede, linne, huis­versierings, babaprodukte en eetgoed.

’n Eksklusiewe jenewer-tent op die fees bied aan liefhebbers van dié drankie kuierkans met ’n verfrissing in die hand. Foto:

Credit: SYSTEM

Vroue wat die Ignite and Revive-familiefees besoek, kan weer uitsien na ’n indruk­wekkende dekormark met ’n verskeidenheid produkte van hoogstaande gehalte, soos modebykomstighede, linne, huis­versierings, babaprodukte en eetgoed.

Besoekers kan ook in die stylvolle teetuin koffie, tee en iets lekkers om te eet koop.

Toegang na die teetuin en dekormark is gratis.

Benewens die mark se aanbod sal entrepreneurs verbonde aan die Kleinsake-ontwikkelingsagentskap (Seda) hul produkte uitstal.

Toegang na dié uitstallings is ook gratis.

In die arena waar die gaskunstenaars optree, sal ’n jenewer-tent wees waar liefhebbers van dié drankie dit op hul gemak kan geniet.

As hoogtepunt bied die Hoërskool Trio op die Saterdag ’n kuieroggend met akteur en TV-persoonlikheid Lizz Meiring in die North High School se saal aan. Bywoning kos R150.

You need to be Logged In to leave a comment.