Ryke geskiedenis stuk-stuk geskend

Die Kroonstadse begraafplaas vir Britse soldate het in die afgelope tyd erg onder vandale deurgeloop.


Die Kroonstadse begraafplaas vir Britse soldate het in die afgelope tyd erg onder vandale deurgeloop.

Talle staalkruise is gestroop en grafte is oopgekap. Daar word beweer dat die skuldiges op soek is na medaljes om te plunder.

Volgens Deon Bester van die Suid-Afrikaanse Legioen se Kroonstad-tak, wat onder beskerming van die Royal Commonwealth Ex-Services League is, is twee verdagtes met van die kruise betrap. Hulle het op 12 Mei in die landdroshof in Kroonstad verskyn, waar die saak uitgestel is.

Charles Ross, lid van die Statebond se kommissie vir oorlogsgrafte, wat spesifiek na die bewaring en onderhoud van Britse gedenktekens en begraafplase omsien, sê die saak is by die organisasie aangemeld. Terugvoering oor die herstelproses en verdere hantering van die saak word afgewag.

“Die terrein het nie voldoende beveiliging nie,” sê Bester.

“Vir diegene wat die begraafplaas in stand hou, is dit ’n onbegonne taak om die perseel 24 uur van die dag op te pas. Dit is ’n kwessie wat so gou moontlik opgelos moet word.”

You need to be Logged In to leave a comment.