Ruiter klop tientalle

Mignon Thomas, ’n perderuiter van die Hoërskool Witteberg in Bethlehem, het aan die Western Mounted Games- (WMG) toernooi wat in Parys plaasgevind het, deelgeneem en baie goed presteer.


Mignon Thomas, ’n perderuiter van die Hoërskool Witteberg in Bethlehem, het aan die Western Mounted Games- (WMG) toernooi wat in Parys plaasgevind het, deelgeneem en baie goed presteer.

In die toernooi op 30 en 31 Maart het Mignon vier eerste plekke, twee tweede plekke en vier derde plekke verwerf. Op die eerste dag het sy ’n buitengewone vertoning gelewer en is sy as die algehele kampioen op junior vlak 4 gekroon.

Op die tweede dag het sy ’n derde plek in die junior vlak-4-afdeling behaal. Hierbenewens het sy die algehele 15de plek verwerf in dié toernooi waaraan 127 perde en ruiters deelgeneem het.

Migon sal op 27 en 28 April aan die WMG se kwalifiserende rondes, deelneem.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.