Die ATKV-redenaars se Bethlehem-tak pak vanjaar sy negende kombersprojek ten bate van behoeftiges en liefdadigheidsorganisasies aan.

Dit word in samewerking met die Dihlabeng Mall, plaaslike skole en ondernemings en private skenkers aangebied.

Lede van die gemeenskap word aangemoedig om ook betrokke te raak.

Diegene wat ’n kombers wil skenk, kan Ritjie Nel by 083-765-9323, Louise Venter by 073-183-4676, Dion Marinus by 082-570-6884 of Bianka Koen by 074-585-2876 bel.

Soos gewoonlik word pryse deur ATKV-oorde geborg.

Wenners van die gelukstrekking kry die kans om ’n wegbreek na die Drakensville-, Natalia-, Buffelspoort- of Klein-Kariba-oord te wen.

  • Belangstellendes kan Fires van Niekerk, voorsitter en organiseerder, by 083-630-8545 bel of ’n e-pos na firesvn@gmail.com stuur om meer inligting te bekom. Die projek duur tot einde Mei.

You need to be Logged In to leave a comment.