Bethlehem en omgewing is in die afgelope maand deur ’n vlaag van misdade getref.
Gewapende rooftogte by ondernemings het toegeneem, asook hekmotordiefstal in woonbuurte.
Nadat gewapende rowers onlangs op twee ondernemings toegeslaan het, maan die polisie besigheidseienaars om veral paraat te wees. Die opskerping van veiligheidstelsels en kringtelevisiekameras word ook aangeraai.
Geen verdagtes is al in verband met die voorvalle in hegtenis geneem nie.
Volgens Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder van Bethlehem, kon plaaslike veiligheidsmaatskappye en ’n buurtwag die twee verdagtes in die saak van hekmotorsdiefstal vastrek.