Rolbalspelers spog met trofeë

Die Kroonstad-rolbalklub het Saterdag (07/01) sy eerste klubtoernooi vir 2023 aangebied.


Die Kroonstad-rolbalklub het Saterdag (07/01) sy eerste klubtoernooi vir 2023 aangebied.

“Die toernooi was in die formaat van mans- en vroue-viere, en die spanne het dit op die rolbalbaan uitgespook,” sê Hannes Horn, president van die Kroonstad-rolbalklub.

“Dit was ons eerste toernooi vir 2023. Die jaar het behoorlik goed aan die gang gekom.

“Die mans- en vrouewenners sal op 21 Januarie aan die Valsrivier-rolbaltoernooi in Vredefort deelneem.”

Die algehele wenners in die afdeling vir vroue was Linda van Caspel, Luané du Plessis, Daleen du Plessis en Bianca Keeve.

In die toernooi se mansafdeling het Attie Kok, Bennie Kok, Louis du Plessis en De Wet Steenkamp met die louere weggestap.

You need to be Logged In to leave a comment.