Quiriane Charilaou, ’n gr.?5-leerling aan die Hoërskool Reitz, het puik in haar Unisa-musiekeksamen presteer. Sy het die praktiese afdeling se gr.?2-eksamen met 96% geslaag. Hierdie prestasie het haar op die ererol van Unisa geplaas.
Foto’s: Verskaf

Theané Rautenbach (regs), ’n gr.?11-leerling aan die Hoërskool Reitz, het by ’n driekampbyeenkoms by Aldam puik presteer. Sy het derde geëindig. Dié byeenkoms het bestaan uit 750?m-swem, 20?km-fietsry en 5?km-hardloop. Joanné Bonthuys, ’n gr.?5-leerlinge aan die Hoërskool Reitz, het ook deelgeneem.

You need to be Logged In to leave a comment.