Die liefdadigheidsorganisasie Northern Free State Caregivers (NFSCG) in Kroonstad het op 11 Augustus die Calculus- private kollege in Kroonstad besoek om leerlinge en personeel oor kanker in te lig. Op hul beurt het die leerlinge en personeel pienk aangetrek en geld vir die NFSCG ingesamel. Van links is Wollie van Schalkwyk (NFSCG), Felicity Combrinck (NFSCG) en André van Niekerk (hoof van Calculus, wat die opbrengs van die geldinsameling aan die organisasie oorhandig het). Foto: Verskaf


Reik wedersyds ’n hand uit

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article