Die erge hitte wat die afgelope twee weke oor die Vrystaat voorgekom het, behoort vandeesweek gebreek te word met reën wat moontlik in die Oos-Vrystaat sal begin val. Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens in Bloemfontein sal reën wat in die ooste van die provinsie val, ook na die res van Vrystaat versprei, wat koeler temperature sal meebring. Reën word ook vir die volgende twee weke voorspel. Dié sonsondergang is op die plaas Almakop in die Warden-distrik afgeneem.Foto: Marilou Corver


Reënval breek binnekort bloedrooi hittegolf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article