‘Raakvatter’ kry pos

Die Voortrekkerplaas Doornkloof het ’n nuwe terreinbestuurder gekry. Chris Ackerman (47) en sy vrou, Corli (49), sal voortaan die bedrywighede op dié bekende Voortrekkerplaas in die Lindley-distrik bestuur.

Chris Ackerman is as die nuwe terreinbestuurder van die Voortrekkerplaas Doornkloof aangestel. By hom is sy vrou, Corli, en hul seun, Chris.Foto: Verskaf

Credit: SYSTEM

Die Voortrekkerplaas Doornkloof het ’n nuwe terreinbestuurder gekry. Chris Ackerman (47) en sy vrou, Corli (49), sal voortaan die bedrywighede op dié bekende Voortrekkerplaas in die Lindley-distrik bestuur.

Die egpaar het noue bande met Die Voortrekkers, en Chris is al vir meer as 30 jaar by dié beweging betrokke.

“Chris is ’n raakvatter en beskik oor goeie organisasievermoë,” sê Willie Engelbrecht, gebiedsleier van Die Voortrekkers in die Vrystaat.

“Hy is ook uitstekend met die aanbied van kampe, en juis dit het hom die geskikte kandidaat vir die pos gemaak.”

Die Ackerman-gesin is oorspronklik van Reddersburg, waar Corli in ’n slaghuis werksaam was en Chris vir die polisie gewerk het.

  • Die vorige terreinbestuurder, Chris Giliomee, is in Februarie dood toe hy deur vloedwater meegesleur is. Volgens Engelbrecht is herstelwerk aan die terrein bykans afgehandel, en verskeie kampe is reeds weer op die Voortrekkerplaas aangebied.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.