Raakvatter groet ná 33 j.

’n Onderwyser en steunpilaar van die Hoërskool Witteberg lê die tuig ná 33 jaar se pligsgetroue diens neer. Stefanie Meyer het Vrydag (24/06) afgetree.


’n Onderwyser en steunpilaar van die Hoërskool Witteberg lê die tuig ná 33 jaar se pligsgetroue diens neer. Stefanie Meyer het Vrydag (24/06) afgetree.

Meyer was bekend as ’n raakvatter wat verseker het dat verskeie van die ratte by Witteberg­ reg draai.

“In die afgelope 33 jaar was dit vir ons ’n ongelooflike voorreg om haar diensbaarheid en kundigheid te beleef. Haar gelyke is bitter skaars,” sê Gustav Dreyer, bemarkingshoof van die skool.

“Sy het haar tyd by Witteberg as leerkrag begin en daarna na die administratiewe sy van die skool oorbeweeg.

“Hier het sy op haar beskeie en vriendelike manier gewys dat professionali­teit en ’n besonderse werksetiek die sleutel tot sukses is.

“Geen taak was ooit vir haar te groot nie en is altyd met ywer aangepak.

“Sy is lank reeds baie geliefd onder almal met wie sy in aanraking kom.”

You need to be Logged In to leave a comment.