Op die Augustus-vergadering van die Vrouelandbou-unie (VLU) se Koppies-tak het Elmarie Els (links), ’n maatskaplike werker van die jeugsorgsentrum in Heilbron, as gasspreker opgetree. Saam met haar is Ursula Mitras, sameroeper.Foto: Verskaf


Die Augustus-vergadering van die Vrouelandbou-unie (VLU) se Koppies-tak was uitsonderlik danksy ’n maatskaplike werker van die jeugsorgsentrum in Heilbron, Elmarie Els, wat haar kundigheid en omgee as gasspreker gedeel het.

Ursula Mitras was sameroeper van die vergadering op 28 Augustus, met die tema “Welwillendheid”.

Els het gepraat oor waarom mense soms maskers dra en insiggewende raad gedeel vir mense wat maskers dra om die seer van die lewe te verwerk en weg te steek.

Lede is gevra om prettige maskers te dra, en klere, asook huishoudelike artikels, is vir die jeugsorgsentrum ingesamel.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article