Die Augustus-vergadering van die Vrouelandbou-unie (VLU) se Koppies-tak was uitsonderlik danksy ’n maatskaplike werker van die jeugsorgsentrum in Heilbron, Elmarie Els, wat haar kundigheid en omgee as gasspreker gedeel het.
Ursula Mitras was sameroeper van die vergadering op 28 Augustus, met die tema “Welwillendheid”.
Els het gepraat oor waarom mense soms maskers dra en insiggewende raad gedeel vir mense wat maskers dra om die seer van die lewe te verwerk en weg te steek.
Lede is gevra om prettige maskers te dra, en klere, asook huishoudelike artikels, is vir die jeugsorgsentrum ingesamel.