Die Bethlehem Voortrekker Hoërskool (BVHS) bied weer sy vakkeuse-aand saam met die loopbaaninligtingsaand vir gr. 7- en gr. 9-leerlinge aan.
Op Woensdag 25 Oktober kry die gr. 8-leerlinge van 2024 die geleentheid om hul keuse uit te oefen. Alle gr. 7-leerlinge word genooi.
Inligting rakende die geleentheid sal aan die gr. 7-leerlinge by die onderskeie laerskole gestuur word.
Op die geleentheid sal hulle saam met die gr. 9-leerlinge meer inligting kan bekom oor dit wat elke vak behels, asook al die moontlike beroepe en loopbane wat op hulle wag.
Leerlinge word aangeraai om nie hierdie waardevolle geleentheid mis te loop nie.