Projek maak verskil in Viljoenskroon

Die AfriForum #OnsDorp-projek is goed opdreef in Viljoenskroon en daagliks word daar herstel en opknappingswerk gedoen.


Die AfriForum #OnsDorp-projek is goed opdreef in Viljoenskroon en daagliks word daar herstel en opknappingswerk gedoen.

Verskeie strate op die dorp se slaggate is herstel, padmerkers is nuut oor geverf en die nodige padverkeerstekens is vervang. Voortdurend word rommel opgetel, padgeute word skoongemaak en oorbodige boomtakke word afgesaag.

Die tak bedank die gemeenskap vir borge en skenkings. Baie mense het ook verversings vir die hardwerkende mense afgegee. Dit word alles baie waardeer. Havemann, Du Plessis, Goldberg, Culverwells, Senator Senekal, Mareestraat asook die helfte van Viljoenstraat is reeds sedert begin Junie verbeter.

“Dit is so lekker dat die nuutgestigde AfriForum-tak in Viljoenskroon, soveel inisiatief aan die dag lê  om ‘n verskil in hul dorp te maak. Hiermee doen ek ‘n beroep op die inwoners van veral in die strate wat reeds herstel is om die state netjies te hou.  Selfdoen is beter as niksdoen,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Die tak wil die gemeenskap vir borge, skenkings en verversings hartlik bedank vir hulle onbaatsugtige bydraes. Indien enigiemand ? skenking wil maak bel vir  Lynne Griesel by 082- 611- 9776.

You need to be Logged In to leave a comment.