Prettige opvoering ook ’n leerskool

Die gewilde Buster en Bella, saam met Tannie Terapeut, sal maatjies op Saterdag 22 Oktober om 12:00 op die KIA Makietie en Ignite and Revive-fees vermaak.


Die gewilde Buster en Bella, saam met Tannie Terapeut, sal maatjies op Saterdag 22 Oktober om 12:00 op die KIA Makietie en Ignite and Revive-fees vermaak.

Alle kinders word genooi om die geleentheid by te woon, waarna Buster en Bella talle verrassings sal bring.

Dié twee sal kinders vertel dat die wêreld vol geleenthede, pret en uitdagings is – maar die belangrikste boodskap wat hulle wil deel, is dat dat God ’n plan het met elke mens wat hy gemaak het.

Buster is die beste hondevriend met die grootste hart en kieliewange, wat kinders met sy briljante brein vol planne sal betower.

Bella, die marmotmeisie is Buster se nuwe sussie. Sy is van ’n kinderhuis in Verlorenvlei. Haar pop, Makierie, is altyd by haar, en sy is mal oor diere en die natuur.

Tannie Terapeut het altyd ’n wonderlike antwoord op elke vraag, en avontuur vir die verveeldheid wat soms knaag.

Skoenlappers is haar beste maats, veral wanneer kinderdrome so op hul vlerke weerkaats. Sy hou van spring, sing en vreugde bring.

Benewens Buster en Bella wat saam gaan feesvier, kan kinders na ’n verskeidenheid vermaak, springkastele en baie meer uitsien.

You need to be Logged In to leave a comment.