Ezna Oosthuizen-fisioterapeute, vier vanjaar sy 31ste bestaansjaar.
Dié praktyk bied ’n wye verskeidenheid fisioterapeutiese dienste aan en pasiënte se behoeftes is bo aan hul prioriteitslys.
Ezna sê die sukses van die afgelope 31 jaar kan toegeskryf word aan haar afhanklikheid van haar Skepper en dat sy slegs ’n instrument in Sy Hande is. Elke pasiënt is vir haar uiters belangrik en dit gee haar werksbevrediging om elkeen se vordering en herstel te aanskou met die genade van Bo.
Ezna geniet die beroep omdat elke pasiënt se behoeftes uniek is en verskillende uitdagings verseker dat daar nie ’n dag is wat sy verveeld met haar werk raak nie.
Sy is ook dankbaar teenoor Gerda de Kock en Sarie von Well, haar regterhande wat seker maak dat die werksaamhede by die praktyk so vlot as moontlik verloop.
“Ek is ewig dankbaar vir die twee wonderlike mense se lojaliteit teenoor my en die praktyk. Twee staatmakers wat die praktyk soos ’n geoliede masjien laat funksioneer,” sê Ezna.
Die praktyk lewer dienste aan skole, aftreeoorde, dokters, en individue van Bethlehem en omgewing.