Polisie vra hulp met opsporing van Thabong-tiener

’n Ma van Thabong in die Vrystaat is desperaat op soek na haar vermiste 14-jarige dogter wat al vir meer as ’n week vermis word.


’n Ma van Thabong in die Vrystaat is desperaat op soek na haar vermiste 14-jarige dogter wat al vir meer as ’n week vermis word.

Volgens polisiewoordvoerder, Stephen Thakeng, het die ma, Masabata Ramathebane, op 13 Desember hul huis in Thabong verlaat om rapporte by die skool in Virginia te gaan haal en haar twee kinders by die huis gelos.

“Haar twee kinders, Thandolwethu en Buhlebenkosi Ramathebane, het geslaap toe sy weg is. Met haar tuiskoms was haar ouer dogter, Buhlebenkosi (14), nie tuis nie. Sy het haar by vriende en familie begin soek, maar tevergeefs,” het hy gesê.

Die Thabong-polisie is in kennis gestel en sy is as vermis aangemeld. Die saak word ondersoek.

Enigiemand met inligting wat tot haar opsporing kan lei, kan speurder-ao. Bertus Olivier van Welkom se Ernstige en Geweldsmisdade by 082-885-5271 of Crime Stop by 08600 10111 te bel.

You need to be Logged In to leave a comment.