Polisie soek steeds na vermiste man van Kroonstad

Die polisie in Kroonstad soek na ‘n inwoner van dié dorp wat sedert einde Junie vermis word.


Die polisie in Kroonstad bedryf ‘n ernstige soektogna ‘n inwoner van dié dorp wat sedert einde Junie vermis word.

Familie en vriende van die 63-jarige George Link het hom op Saterdag 25 Junie laas gesien.

Sy familie sê hy is verstandelik gestremd en hulle is baie bekommerd oor sy welstand.

Link was met sy verdwyning geklee in ‘n bruin baadjie en trui, met ‘n blou denimbroek en swart tekkies.

Enigeen met inligting oor Link of waar hy hom dalk bevind, kan sers. Leteketoa Thipane by 082-902-7035 bel of die naaste polisiekantoor kontak.

You need to be Logged In to leave a comment.