Polisie faal Suid-Afrika

“Die Polisie faal Suid-Afrika omdat hulle nie interne probleme kan oplos nie. Ongeag die begrotings, is dit swak bestuur wat lei tot prosesse, strukture, mannekrag, voertuie en logistieke vermoëns wat misluk,” sê Jakkals le Roux, voorsitter van Vrystaat Landbou se Landelike veiligheidskomitee.


“Die polisie faal Suid-Afrika omdat hulle nie interne probleme kan oplos nie. Ongeag
die begrotings, is dit swak bestuur wat lei tot prosesse, strukture, mannekrag,
voertuie en logistieke vermoëns wat misluk,” sê Jakkals le Roux, voorsitter van
Vrystaat-Landbou (VL) se Landelike veiligheidskomitee.

Die
opmerking van Le Roux  is gemaak nadat dit onder die aandag van Vrystaat-Landbou gekom het dat 15 tot 20% van polisievoertuie in die Vrystaat
gestrand in staatsmotorhuise staan om herstel te word.

In die
polisie se 2021-jaarverslag is aangedui dat die Vrystaat oor 3 848 voertuie beskik. Dus is daar 680 tot 900 polisievoertuie wat gestrand staan en
nie beskikbaar is vir gemeenskapbeveiliging nie.

Dr. Jane
Buys VL se veiligheid-risko analis sê, die polisie  in die Vrystaat kan tot 25%
meer diensbaar wees indien die bestaande voertuigvloot ten volle aktief was. “
Inaggenome die provinsiale personeel van 10 575 polisiebeamptes (drie beamptes per
voertuig), beteken dit dat die polisie alreeds oor wesenlike
misdaadbekampings-vermoë beskik en eintlik ? baie goeie diens aan gemeenskappe
behoort te kan lewer. Tog is dit nie die geval nie. Die gebrek aan voertuie
word gereeld uitgewys as rede waarom die SAPD in hul pligte faal.”

VL sê
verder dat die begroting van die SAPD nie blameer kan word vir die
instandhouding van voertuie, sigbare polisiëring en hul operasionele vermoëns
nie, maar eerder aan ? gebrek van swak bestuurstyle en onbevoegdheid.

You need to be Logged In to leave a comment.