Plant van bome ’n vertakking van kennis

Die Heilbron-tak van AfriForum het vir Boomplantmaand in September 30 witstinkhoutbome (Celtis africana) by die Hoërskool Heilbron geplant.

Gerrie Muller (takvoorsitter van AfriForum in Heilbron) wys leerlinge aan die Hoërskool Heilbron hoe om ’n boom te plant.Foto: Verskaf

Credit: SYSTEM

Die Heilbron-tak van AfriForum het vir Boomplantmaand in September 30 witstinkhoutbome (Celtis africana) by die Hoërskool Heilbron geplant.

Dit kom nadat die skool aangedui het dat daar ’n groot behoefte aan bome op die skoolterrein is.

Die plant van die bome is as ’n opvoedingstaak benader, en die leerlinge het ook hieraan deelgeneem.

Leerlinge het meer oor kompos geleer, asook hoe diep die boom geplant moet word en hoe gereeld dit natgelei behoort te word.

“Dit was ’n voorreg om die leerlinge touwys te maak en hulle te leer oor hoekom en hoe bome geplant moet word,” sê Gerrie Muller, takvoorsitter van AfriForum in Heilbron.

“Ons het interessante feite oor bome met hulle gedeel, soos dat ’n rugbyveld vol bome 18 mense ’n hele jaar lank van suurstof kan voorsien.

“Ons het die leerlinge meer oor die inheemse witstinkhoutbome vertel, en dit was baie spesiaal vir hulle om self die bome te plant.”

Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier, sê dit is belangrik om die jeug in te lig oor die rol wat bome in ons samelewing speel.

You need to be Logged In to leave a comment.