pKultuur

Leerlinge aan die Bethlehem Voor­trekker Hoërskool (BVHS) het vanjaar op elke gebied uitgeblink wat kultuur betref. ’n Wye verskeidenheid kultuur­aktiwiteite word beoefen, wat insluit: redenaars, debat, Voortrekkers, koor, eisteddfod en skaak. Die pr


Leerlinge aan die Bethlehem Voor­trekker Hoërskool (BVHS) het vanjaar op elke gebied uitgeblink wat kultuur betref. ’n Wye verskeidenheid kultuur­aktiwiteite word beoefen, wat insluit: redenaars, debat, Voortrekkers, koor, eisteddfod en skaak. Die produksie The Greatest Showman is boonop vanjaar aangebied.

Leerlinge het uitstekend gevaar in die ATKV- en Dink-of-Sink-debatkompetisie. In die internasionale spanredenaarskompetisie was Voortrekker se span een van die vyf bestes in die land, en die skool spog met ’n leerling nasionaal in die top tien in die ATKV-redenaarskompetisie.

Kunstefees-pryse en nasionale Oppi-Tong-Af-plekke is ook behaal.

Voortrekker meen kul­tuur is ’n integrale deel van die ont­wikkeling van gebalan­seerde leerlinge.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.