Dagskolierestelsel

Die Bethlehem Voortrekker Hoërskool (BVHS) se dagleerlinge sal met ingang van die vierde kwartaal weer by die koshuis se dagleerlingstelsel kan inskakel.


Die Bethlehem Voortrekker Hoërskool (BVHS) se dagleerlinge sal met ingang van die vierde kwartaal weer by die koshuis se dagleerlingstelsel kan inskakel.

Leerlinge kan van Maandae tot Donderdae ná skool gebruik maak van geleenthede wat die stelsel bied.

Dit sluit middagete en middagstudie in.

Leerlinge kan etekaartjies by Riana Pelser by die skool koop. Neem egter kennis dat die beskikbare plekke beperk is.

Om teleurstelling te voorkom, bespreek inskakeling by die stelsel so spoedig moontlik by Andi Wolmarans, koshuisvader, of Sarie Wessels, koshuismoeder, of bel Pelser by 058-303-4006.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.