Die Worship Community Center in Kroonstad sal voortaan as Shalom Kroonstad-selkerk bekend staan.
Die selkerk se nuwe naam word vanaf Sondag 1 Junie om 09:30 tydens ‘n spesiale diens bekend gestel en in gebruik geneem.
Past. Hardus van Deventer wat sedert 1 Februarie aan die stuur van Shalom Kroonstad is, het die leisels by past. Emmy van Leeuwen van Worship Community Center oorgeneem.
Van Deventer is van Pretoria afkomstig waar hy by die Shalom Montana-selkerk onderleiding van Pastoor Lourentz la Grange betrokke was.
“La Grange se visie is om 12 Shalom kampus gemeentes op te rig en daarom vind die naamsverandering na Shalom Kroonstad plaas,” sê Van Deventer.

“Ons is baie opgewonde om past. Lourentz le Grange hier te ontvang en nooi alle gemeentelede en belangstellendes om die besonderse geleentheid by te woon.”
Van Deventer sê Shalom beteken “mag vrede, guns en God se goedheid jou hele menswees omring en beskerm. Mag vrede besit neem van jou hele wêreld. Mag jy tevredenheid, volledigheid, heelheid, welstand en harmonie ervaar word”.
“Vir ons is dit belangrik om die mens met God te versoen en herstel te bring. Nie net om tradisies voort te leef nie, maar om die drie-eenheid uit te leef. Ons kernwaardes is liefde vir God, liefde vir mense, uitnemendheid en ons kies om dit te geniet uit te leef.”
Hulle visie is om nie net elke Sondag die Here te aanbid nie, maar hulle wil ook hul geloof in die gemeenskap uitleef.
Die gemeente is agter die Spur in Kroonstad by Symondstraat 29 geleë.
Die kerk bied ook die Bybelskool op wiele of Bible School on Wheels van dr. Bruce Wilkenson aan. Vir meer inligting skakel 067 771 2511 of 062 309 0128.
You must be logged in to post a comment.